top of page
LIGHT BEARERS WEB.jpg
_edited.png

LIGDRAERS

Registreer om die gebedsmateriaal per e-pos te ontvang

Gebedsmateriaal

Die Bybel sê ons is uit die duisternis geroep (1 Petrus 2:9) om Ligdraers te wees. Lig oorweldig die duisternis. Wanneer die son uitkom, kan geen duisternis dit weerstaan nie.

​

"En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie." Johannes 1:5 (AFR53)

Bid Die Woord

God se Woord gee ons mag oor die vyand en oor sonde. Ontwapen die duisternis in jou lewe en jou nasie deur God se Woord elke dag te bid.

  1. Geloofd sy die Here ons Rots, wat ons hande leer om te veg en ons vingers om oorlog te voer. (Psalms 144:1)

  2. Dankie, Vader, dat ons ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk en U eiendom is wat uit die duisternis geroep is tot U wonderbare lig, sodat ons U deugde kan verkondig. (1 Petrus 2:9)

  3. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar Here, U sal oor ons opgaan, en U heerlikheid sal oor ons en ons nasie gesien word. (Jesaja 60:2)

  4. Dankie Here, dat wanneer die vyand aanstorm soos ‘n rivier, jaag U hom op loop. (Jesaja 59:19)

  5. Vader, ons sal in die Lig wandel soos U in die lig is, daarom sal ons gemeenskap hê met mekaar en die bloed van U Seun, Jesus Christus, sal ons reinig van alle sonde. (1 Johannes 1:7)

  6. Here, ons sal ons beklee met die nuwe mens wat na God geskape is; in ware geregtigheid en heiligheid. (Efesiërs 4:24)

  7. Hemelse Vader, dankie dat U ons verlos het uit die mag van die duisternis en ons oorgebring het in die Koninkryk van U geliefde Seun. (Kolossense 1:13)

  8. Dankie, Jesus, dat U die owerhede en magte ontwapen en in die openbaar tentoongestel het en daardeur oor hulle getriomfeer het. (Kolossense 2:15)

  9. Here, ons vra dat U die oë van die mense in Suid-Afrika sal oopmaak dat hulle hul van die duisternis tot die Lig kan bekeer en van die mag van Satan, tot God, sodat hulle deur die geloof in U, vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang. (Handelinge 26:18)

  10. Here, ons neem U volle wapenrusting op, sodat ons weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat ons alles volbring het, staande kan bly. (Efesiërs 6:13)

  11. Dankie Jesus dat U as ‘n Lig in die wêreld gekom het sodat elkeen wat in U glo, nie in die duisternis sal bly nie.
    (Johannes 12:46)

  12. Here, U het ons ‘n lig van die nasies gemaak sodat ons tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde. (Handelinge 13:47)

  13. Vader, ons sal geen gemeenskap hê met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar dit liewer bestraf.
    (Efesiërs 5:11)

  14. Dankie, Here, dat U ons van elke bose werk sal verlos en ons sal red om in U hemelse koninkryk in te gaan.
    (2 Timoteus 4:18)

  15. Here, dankie dat U ons die mag gegee het om op slange en skerpioene en oor al die krag van die vyand in Suid-Afrika te trap. (Lukas 10:19)

  16. Dankie, Jesus, dat U die Lig vir die wêreld is. Ons wat U volg, sal nie in die duisternis wandel nie, maar die lig van die lewe hê. (Johannes 8:12)

  17. Vader, ons sal ons lig só skyn voor die mense, dat hulle ons goeie werke kan sien, sodat U wat in die hemele is, verheerlik word. (Matteus 5:16)

  18. Here, die opening van U woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig. (Psalms 119:130)

  19. Dankie, Vader, dat ons almal kinders van die Lig en van die dag is; ons is nie van die nag of duisternis nie.
    (1 Tessalonisense 5:5)

  20. Here, dankie dat die mense in ons nasie wat in duisternis wandel, ‘n groot lig sal sien. Dankie dat ‘n Lig sal skyn oor die wat in die land van die doodskaduwee woon. (Jesaja 9:1)

  21. Here, vroeër was ons duisternis, maar nou is ons lig in die Here. Ons sal wandel as kinders van die Lig. (Efesiërs 5:8)

  22. Vader, dankie dat U ons met krag omgord vir die stryd en dat U ons teëstanders onder ons laat buk. (Psalms 18:40)

Week 1

Week 1

1. WANNEER DIE LIGTE UITGAAN

 

Die klimaat van die wêreld is nie belyn met die geestelike klimaat van God se mense nie. In Haggai 2:6-8 (AFR53), sê God:

“Ek sal die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. Ek sal ook al die nasies laat bewe.” maar terselfdertyd, sê Hy, “Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul... aan My behoort die silwer en aan My die goud...” Wanneer God ons in ons bestemming en doel laat inbeweeg, is dit bonatuurlik en nie gebind aan die klimaat van die wêreld nie.

 

Wanneer die ligte in die wêreld uitgaan, sal die lig aangaan vir God se mense wat olie in hulle lampe het (Matteus 25:1-13). God het Moses gebruik om Sy volk in ‘n donker tyd te verlos en voor te berei.

 

“Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.” Josua 1:5 (AFR53)

 

 

2. UIT DUISTERNIS GEROEP

 

  • Ons word uit die duisternis na die Lig geroep (1 Petrus 2:9). Die Bybel sê: “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.” Johannes 3:6 (AFR53)

 

  • Wanneer ons dood is vir die dinge van die vlees (Kolossense 3:5), kan Jesus ons hoër neem na hemelse plekke, waar ons na dinge vanuit Sy perspektief kyk.

 

BID: Here, dankie dat U ons gered het vanuit die duisternis. Ons weet dat U met ons is en ons nie sal verlaat nie. Amen.

 

 

3. LIGDRAERS

 

Ons is uitverkore vir hierdie tyd. Miskien voel jy angstig wanneer jy die oorlogvoering, ekonomiese rampe en natuurrampe sien, maar God het jou vir ‘n tyd soos hierdie geroep nog voor die grondlegging van die aarde. Hy het jou toegerus om dit te oorwin. Net soos God met Josua was, ‘n oorwinnaar vir die Israeliete, is Hy met ons om teen die poorte van die hel terug te druk.

 

"Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het." Romeine 8:37 (AFR53)

 

​

4. BID VIR SUID-AFRIKA

 

Sit tyd opsy en bid dat God die duisternis in Suid-Afrika sal ontwapen

Week 2

Week 2

1. ONTWAPEN DUISTERNIS

 

Die Bybel sê ons is uit die duisternis geroep (1 Petrus 2:9) om Ligdraers te wees. Lig oorweldig die duisternis. Wanneer die son uitkom, kan geen duisternis dit weerstaan nie.

 

Daniel was omring met mense in die duistere kunste soos towenaars, sterrekykers en waarsêers, maar hy is nie deur hulle besmet nie. Beide Moses en Josef is ook in die voorhowe van Farao aan hulle bloot gestel, maar het rein gebly. God het Ester in ‘n wêreldse stelsel beskerm en haar gebruik om ‘n nasie te verlos. Abraham is te midde van ‘n bose geslag uitverkies en gesalf.

 

Ons is geroep om Ligdraers in Suid-Afrika te wees.

 

"En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie." Johannes 1:5 (AFR53)

 

 

2. ‘N ANDERSTE GEES

 

  • Die drie Hebreeuse seuns was bekend omdat hulle ‘n anderste gees gehad het. Hoe word jy geken? Is jy soos die wêreld, of het jy onder hulle uitgegaan en jou afgesonder?

 

  • Die Woord van God sê: “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelge nootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Korintiërs 6:14). As gelowiges moet ons nie aan goddelose gesprekke deelneem of negatief oor Suid-Afrika praat nie.

 

BID: Vader, ons vra dat U Lig ons nasie sal verlig. Help ons om Ligdraers te wees waar ons ook al gaan. Amen.

​

 

3. LIGDRAERS 

 

Te veel van God se mense loop in duisternis en is gefrustreerd in hul Christelike wandel. Ons moet ons identiteit ken as ambassadeurs van Lig en van ‘n nuwe en beter weg. Ons het ‘n anderste gees as die wêreld omdat God ons ‘n nuwe hart en gees gegee het. Al gaan ons deur verdrukking, ken ons die Heilige Gees en die krag van die opstanding.

 

"Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonder bare lig." 1 Petrus 2:9 (AFR53)

 

​

4. BID VIR SUID-AFRIKA

 

Sit tyd opsy en bid dat God die duisternis in Suid-Afrika sal ontwapen

Week 3

Week 3

1. MENSE VAN LIG

​

In die Bybel is God se groot generaals onderskei as manne en vroue van die Gees. Toe die Babiloniërs hulle koning vertel van Daniël, het hulle gesê: “Daar is ‘n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u Vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in Hom gevind...” Daniël 5:11 (AFR53). Hulle kon die Lig in Daniël sien.

 

Daniël het oor dit alles in die Ou Verbond beskik—dink net oor hoeveel meer ons in die Nuwe Verbond beskik. Ons is God se volk wat lewe in die Lig, Sy beloftes ontvang en heers oor die vloeke rondom ons (Deuteronomium 28).

 

 

2. MENSE VAN DIE GEES

 

  • Omdat ons van die Lig is, moet ons denkprosesse en aksies vanuit die Hemelse Jerusalem kom, die hart van God, wat nie vanuit hierdie wêreld is nie.

 

  • Wanneer ons die Koninkryk soek, sal ons wonderwerke, tekens en kragtige dade sien plaasvind (Mattheus 6:33). En God sal ons lewens verlig en mense sal agterkom dat ons anders is.

 

BID: Here, dankie vir die Nuwe Verbond en die gawe van U Heilige Gees. Help ons om in U wysheid en begrip te wandel, want U het bonatuurlike oplossings vir ons nasie. Amen.

 

 

3. LIGDRAERS 

 

Elisa het vir sy dienaar gesê: “Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.” 2 Konings 6:16 (AFR53). As mense van die Lig, kan ons sien wat ander nie kan sien nie. Wanneer ons op die onstuimigheid in Suid-Afrika en in die wêreld fokus en op dit wat die vyand doen, kyk ons nie na Jesus nie. Maar wanneer ons oë op Hom gerig is en ons Sy Woord, krag en teenwoordigheid ken, sal Hy met elke vyand afreken.

 

"En Elísa het gebid en gesê: 'Here, open tog sy oë, dat hy kan sien." En die Here het die oë van Sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa." 2 Konings 6:17 (AFR53)

 

​

4. BID VIR SUID-AFRIKA

 

Sit tyd opsy en bid dat God die duisternis in Suid-Afrika sal ontwapen

Week 4

Week 4

1. BO DIE DUISTERNIS

 

Volgens die Bybel sal daar mense wees wat die vyand se merk sal dra (Openbaring 13:16), maar ook diegene wat deur die Here gemerk is (Openbaring 7:3). Die mense wat deur die duiwel gemerk is, aard na hom, maar diegene wat deur God gemerk is, sal God se natuur en Sy Heilige Gees in hulle hê. Ons moet wandel in die lewe van die Gees wat bo alle duisternis is.

 

Terwyl mense hul ophou met negatiwiteit en vrees oor Suid-Afrika, wandel ons in die geloof in Christus en verbind ons met die Vader. Ons is ‘n geestelike volk, bemagtig deur God se heerlikheid en oorwinning. God openbaar Homself aan ons, en deur ons omdat ons Hom liefhet.

 

"Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie." Lukas 10:19 (AFR53)

 

 

2. ‘N BETER LEWE

 

  • As mense van die Lig moet ons in verbinding bly met God se krag deur elke dag in Hom te wandel en in die Gees te leef—nie net op Sondae nie.

 

  • Om God se natuur te ontvang, is ‘n proses wat ons nie moet weerstaan nie. Dit is belangrik om toe te gee aan die Heilige Gees en toe te laat dat God se Woord ons verander. Jesus het ons ‘n beter lewe gegee ten einde ons weg te keer van sonde. In Hom het ons mag oor vrees, hopeloosheid, angs, siektes, ens.

 

BID: Vader, ons bekeer ons van alle twyfel en vrees. As U vir ons is, wie kan teen ons wees? Ons wandel in die gesag en die beskerming wat ons in Christus het. Amen.

​

​

3. LIGDRAERS 

 

Wanneer ons in die Heilige Gees bid, bemagtig Hy ons, vul Hy ons met heerlikheid en vernuwe Hy ons geloof. Die duisternis kan nie die lig en vuur wat God in ons plaas, blus nie. Ons kan elke oomblik van elke dag in daardie Lig lewe—met geregtigheid, vrede en vreugde in die Heilige Gees—en met gesag vanuit hemelse plekke regeer.

 

“Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid.” Judas 1:20 (AFR53)

​

 

4. BID VIR SUID-AFRIKA

 

Sit tyd opsy en bid dat God die duisternis in Suid-Afrika sal ontwapen

Week 5

Week 5

1. BONATUURLIKE SLEUTELS

 

God gee aan ons die sleutels van wysheid en openbaring om die duisternis te ontwapen, bv. insig, begrip en onderskeidingsvermoë. ‘n Kernbom wat ingestel is om ‘n teiken te vernietig, kan met ‘n sleutel ontwapen word. Net so oorwin ons die vernietigende planne van die duisternis met God se bonatuurlike sleutels.

 

Wanneer ons die duisternis oor Suid-Afrika ontwapen, sal die Lig deurbreek en dan sal ons God se heerlikheid, redding, genesing en verlossende krag in die nasie sien.

 

"Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug." Efesiërs 6:12 (AFR53)

 

 

2. BREEK DEUR DIE DUISTERNIS

 

  • Omdat Paulus in swakheid, vrees en in bewing gekom het en voorgeneem het om niks anders as Jesus Christus, die gekruisigde, te weet nie, kon hy God se krag demonstreer. (1 Korinthiërs 2:1-4)

 

  • Wanneer ons onsself verloën en die werk van die Kruis omhels, breek Lig deur die sluier van duisternis en ervaar ons die werking van die Gees.

 

BID: Vader God, wanneer ons swak is, is U sterk. Dankie vir U krag en sleutels om elke vorm van duisternis in Suid-Afrika te ontwapen. Amen.

 

 

3. LIGDRAERS 

 

In Handelinge 16 is Paulus en Silas in die tronk opgesluit met ‘n doodsvonnis. Hulle was in duisternis. Hoe het hulle hul omstandighede oorkom? Dit was deur middel van gebed en lofprysing. Hulle het hul hande opgehef en die Here aanbid en geprys, al was hulle geslaan en vasgeketting.

 

Hou aan bid vir Suid-Afrika met ‘n deurbraak-mentaliteit en ‘n hemelse ingesteldheid en maak gereed vir die heerlikheid van God.

 

"U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. Here, my God, vir ewig sal ek U loof." Psalm 30:12-13 (AFR53)

​

​

4. BID VIR SUID-AFRIKA

​

Sit tyd opsy en bid dat God die duisternis in Suid-Afrika sal ontwapen

PRAY4SA ARC
bottom of page